Monday, October 14, 2013

Die Swart Luiperd, a poem by NP van Wyk Louw

Nou stol die wereld uit die vloed
van ongebreekte luister vas
tot dowwer en aparte gloede,
en in die selmuur blink die glas,

en kom weer - soos 'n blou kristal
wat stilword in die moederloog -
'n venster uit my wit heelal:
getralie, vierkant, vas en hoog.

Ek moet my droom 'n uur verlaat,
want deur die mure hoor ek klae
die stem van een wat buite praat
en toegang tot my stilte vra.

Hoe sal jy slaap en eet en woon
- jy met jou helder wil wat kwel -
en menslik bly en geen ding hoon
in die gloeilamp van my klein wit sel?

My jammerte sal oop moet maak
-ek was 'n ligte mens soos jy,
maar 'n fraai dier het ons genaak
en sy oe sal steeds in myne bly -

my mure is soos dun glas gespan
om die skitt'ring van my aardse droom
wat knetterend tussen die wande slaan
en in die donker stene stroom.

My pad is self die ding wat trek:
hy dwing die voet om voort te gaan -
moet ek sy naam wat sluimer, wek?
durf jy nou luister en verstaan?

Ek het in die aarde vasgerank
- verby die wortels en grys lae
groeisel tot die koue bank
waar groen gesteentes in die trae

syfering van die allerkoelste
water le - en een geword
met al wat swart is, en nie voel,
en wat geslote is en wat stort.

Donker is my oe en my bloed:
ek is 'n swart gesteente, en uit
straal niks, en al wat gloed
van binne is, is toegesluit.

Deur die verlate bosse waar
geen ding in die taai liane roer,
het ons die maskers en ivoor
lang die soet en klam voetpaaie vervoer

en die ebbehout en kosbaar grys
gewaste saad van blomme wat
uit die stil en swart woudpoele rys
en nagtelik bloei en bleek en glad

tot in die vroegste voordag staan
-'n grys verrotting bo die vlak
van die koue water - en vergaan
en wegsink soos 'n nat tak;

en die swart luiperd-ding was daar
wat sku en skoon is in die woud,
en heelnag het sy oe gestaar
tussen die blou kewers aan die hout.

Die eerste nag het ek geween
toe die geel oe na my kyk:
dat al wat Goddelik is, alleen
en magteloos is en rugwaarts wyk,

en in 'n ou landskap huis
van swart rots en vroee see
waaroor die magtiger sterre kruis
en die vierstreekse winde vee.

Die tweede nag was radeloos stom:
'n wrokkende onsegbare smart
wat nerens by 'n woord kon kom,
oor die vergeefsheid van die hart.

Die derde nag het ek alleen
tot aan ons lig se grens gegaan
en in die oe soos 'n steen
bly kyk en so bly staan.

Toe't die warm woud begin marsjeer:
vuurvliee en blink ebbestamme
en kolle wat sag fosforesseer
tussen blou en dowwe blomme -

in die wond're en deursigtig-yl
opaal van daardie nag wat vlug
was alles ryp en sag en geil
soos 'n nat en oopgebarste vrug,

en kon ek weet hoe alles dwing
na saad en warmte en duisternis
en hoe ons aarde soos 'n ring
van etterende wasdom is.

Fyn was die fluit en ver simbaal:
toe't ek die lig se grens gelos,
en koud, onwegtend - soos iets val -
gestort na daardie duister bos

waar alles oog was, alles blink,
maar die aarde onder vet en koel
en gladde donker visse stink,
- tussen die varings ingespoel -.

Toe was die goue oe weg,
die fraai dier was 'n swart liaan
wat om my bene en heupe vleg
en teen my koue voorkop slaan;

en my voete het blindelings ingevlug
in daardie donkerte wat glim
soos die groen skyn van 'n gladde vrug;
bleek wortels het teen my geklim

en klam dinge uit die nag
en die water van 'n warm poel
was oor my kniee lou en sag
soos iets wat na my lendene voel.

Die groot wit blomme het geroer
en soos grys ape afgekom
en by my oe ingeloer:
boos dinge, beurtelings dier en blom.

Met die skrik van die wit gewasse
in my hare en in my brein
het ek gestruikel in diep plasse
vaqn die ryk nag wat blekerig sky,

maar waar my voet vlug, was die bos,
en waar ek val, het dit gevou
soos modder oor my, en die mos
het harig aan my kuit geklou.

Dan was die goue oe daar,
en my verwarde voete sink
vas in die water en ek staar
soos 'n stam staan, swart, en sonder dink,

- maar in my brein 'n stippel lig -
en bo-oor straal die woud verby,
en die nag stroom langs my star gesig
soos die trae wasem uit 'n vlei.

Toe't ek die eerste afgestort
in die grou valgat waarbo jy groei,
en soos 'n waterplant geword
wat rus en suig en droomloos bloei

met skoonheid waar hy niks van weet
-'n waskelk in die sagte lug
so wit en suiwer dat ons leed
'n oomblik in aanskouing vlug -

en ek was stil en nagtelik toe,
en soos 'n lee kamer leeg;
en eensaam kon ek luister hoe
dun slakke oor my vel beweeg.

En nog het die grys bewussyn my
na hierdie donker vergesel
en 'n dun draad, soos 'n haar, gebly
om my  met drang en vrees te kwel;

en die donkerte was sag deurskyn:
'n vaal stroom waarin visse was
en maaiers bleek en bont en klein
soos letters deur 'n waterglas.

Toe het die more wit en groot
in my twee oe opgegaan,
en deur die senuwees se dood
'n spyker van wit lig geslaan

en my opgejaag en swaar laat vlug
deur 'n nuwe en ontsettende land:
elke blaar was skraal van lig
en elke varing 'n dun brand

rondom my voete, en water was
verskriklik skoon en het gekring,
'n blink gesteente, in elke plas -
en uit die pyn wat my omring

het ek skuilte vir my oe gesoek
en deur die glans geval, getas,
soos 'n groot bont mot hom in 'n hoek
se skemering bewend vou en pas;

toe, voor my was die fraai dier
wat lenig deur die varings gly
-soos 'n swart vis in die rotspoelwier -
en my voete vinnig lei;

en nog het telkens grys en hoog
die sneeuplek van 'n steil vulkaan
van ons snel gang gestaan,

maar ons, besetenes van die jag,
het langs grou hange afgedaal
na dieper gloed as die smal skag
van die more of die yl opaal

van groeisel en verrotting gee;
my eie oe was grys juwele,
en stil en wit was alle wee
onder my donker voete, en veel

waters het weerskant geval -
en ek het afgestort en ver
bo oor my het 'n klein heelal
verskiet soos 'n aparte ster;

'n wereld het in my verstar:
plant, dier en mens - in diep swart glas
waar alles enkeld en ontwar
maar klein en mateloos glansend was -

geen ding is duister, maar hy glans
of hou sy skittering ingesluit,
en niks is dood, en alles dans
en reik na naamlose dinge uit.

NP Van Wyk Louw

No comments: