![]() |
Charlie's birthday was in October He died in May 2008. My grandmother used to love the song Liefste Madelein - she died the next day. |
I found some poetry - two poems that found a huge place eventually in my life, though, I came across them many, many years ago.
The first one I encountered when I was a junior in High School, it is called:
DIE STEENBOKKIE
Daar ver in die haakboslaagte
waar die son oor die klipplaat brand,
ver weg van die woel van die wereld
aan die voet van die haakbosrant,
le hy in die skaduweekoelte
van 'n haakbossie en slaap,
en ver oor die bulte kom aangebewe
die geluide van blerende skaap...
Op sy voorpootjies, swart soos roet,
le sy koppie, so spits as 'n peer,
en die geelbruin vel van sy ribbetjies, gaan
soos 'n blaasbalkie op en neer...
Skuimwit loop 'n streep langs sy sy af,
en wit op sy boude: 'n kol
warm opgevou le hy en slaap,
so bruin soos 'n bolletjie wol!
Maar bo wys die son - sy horlosie -
al af na die westekant,
tot weldra sy reenboogkleure sprei
en't skemer hier teen die rant!
Dan, oop gaan sy diepbruin ogies,
en hy staar die rantjie oor,
en hy rek hom uit en snuif die lug,
ver, van die watervoor.
En die ronde en gladde klippies
maak 'n kleine klik-geluidjie
wanneer hy teen die hang afdraf
na die water in die spruitjie.
Dan suip hy...en glip oor die veld
met slanke steenbokhale,
en die grassaad staan met goud vergul
in die son se laaste strale!
S.J. Pretorius
I used to be searching for the small antelope when we went to the Kruger National Park all over, all the time, as somehow, this poem got stuck in my head somewhere and I saw in the eyes of the small dogs I always used to have, what is explained with this little steenbok. I loved the little dogs very much. Charlie was the one whom, after him, there hasn't been one again. He was born in October and somehow - even though he wasn't well, he managed to stay with me until May 2008. I never saw his messages to me, I never expected him to be a poem or poems I once learnt or read, as who would have thought a small chihuahua dog loved poetry? But he must have had some way of knowing what my thoughts regarding my dogs was towards the poem of Steenbok - this poem also held other memories...
Charlie made a statement, a beautiful statement of something he must have found beautiful and he expressed himself in this life towards me with his little life. His statements,
his loyalty,
that is why he still is:
Oktobermaand.
The Second poem was one I learnt off by heart at some stage while I was still in primary school, it is called:
OKTOBERMAAND
"Vioolgjies in die voorhuis
viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
en orals, ai, so mooi!
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
so blomtuin-vol van kleure
die asvaal ou Karoo.
Dit is die maand Oktober!
Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoegate
is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede
nog as 'n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis
hul mooiste voorgehaal.
Dit is die maand Oktober!
Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie
is almal nuutgeboen;
en orals in die tuin rond
ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering,
lemoen en appelkoos.
Al was die dag soos yster
lank in die vuur gesteek,
die varings in die klofies
deur hitte geel verbleek,
tog, as die son daar onder
agter die berge gaan,
dan word oor heel die wereld
die mooiste geur geslaan.
Dit is die maand Oktober!
Die kokkewiet is uit;
boomsingertjies en kriekies
die hoor jy orals fluit;
fiskaal is op die oorlog:
daar onder by die sluis,
daar is 'n dor ou doringboom
sy spens en sy kombuis.
Dit is die maand Oktober!
Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel
Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
of heerliker verwag?
Ek is nog in Oktober!
My tuin is nog so groen,
so wit met al wat mooi is,
met bloeisels van lemoen,
so pragtig in die more,
so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
die mooiste, mooiste maand!
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later
weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder,
so pragtig elke aand!
"Viooltjies in die voorhuis -
viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
en orals, ai, so mooi!
C. Louis Leipoldt
No comments:
Post a Comment