Thursday, September 12, 2013

DUBBELPORTRET by NP van Wyk Louw

Aangevreet deur al die eeue:  'n portret:
man:  roekelose intellektualiteit:
baardeloos, met toegesakte oe:
sonder passie skouend op die passies,
naam-gewend selfs aan wat skelm meen;
vrou:  die ding wat:  helder-blou-van-oe
ligweg praat, en een en ander rokkie
kon bestik laat lyk het met 'essensie' -
eintlik opgetooi staan in die naaktheid
van klonte vleis en spier en been en harsings
om die teelkrag toegedraai vir vang-aas;
man:  die ding wat hariger en eensaam
alle rede en redelikheid verknoei tot:
eie wonder en bewondering as einddoel.


the last sentence:  ...eie wonder en bewondering as einddoel... must have made a huge impression on me.  Somehow during my years at university - in different ways - this same "feeling" could have been shared with NP van Wyk Louw.

Maybe that was the reason years later on to have had a dream regarding this poem one night with people in my own life, playing the roles.

No comments: