[First a part of this poem where Mabalel is next to the water - this poem remind me so much of certain parts of the movie "The Neverending story"]
[Also, accordingly a hippo pool in Limpopo was known some years ago as Rakwena - the Father of the Crocodil, later called after a young daughter of some Captain Rasithlare and apparently the elderly woman still carried on singing songs about this little daughter - who's name was Mabalel]
[It is also interesting to have found Crocodile Dundee, the man who spoke to animals - even though animation in some form was called Crocodile - I kind of like it]
MABALEL
Vinnig langs die paadjie trippel Mabalel;
Vrolik, klink die liedjie
Wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.
Op die voetpad sy alleen,
Met die skadu's om haar heen;
Op haar kop die kruik gelig
In gedienstig ewewig.
Golwend kleur die hemelboog,
Stadig sterf die laaste lig,
En van verre deur die skermmure
Wenkend blink die eerste vure.
Wydgestrek in eensaam' vrede
Le Rakwen', die stille, brede;
Glansend in die westerpraal,
Met 'n ceintuur in sy diepte van koraal.
En die witgepluimde riet
Sing 'n treurig' wiegelied,
En buigend vleg 'n silwersoom al om
Die diepgespieelde hemelkom.
Wag, wag, Mabalel!
Is daar niks wat jou vertel -
Is daar niks wat deur die duister
Bang en dringend in jou ore fluister
Van die vreeslike gesel
Wat jou vrolik' lied beluister,
Wat jou spoor hou, Mabalel?
Word jy niks gewaar
Van 'n dreigende gevaar?
Voel jy nog nie, kil en snood,
Om jou hart die handdruk van die dood?
Ver benee die palmietstele
In die bloue duister wag Lalele,
Kwintessens van alles boos,
Die Wreedheid self, meedoenloos;
Met lydsaamheid wat alles kan ontbeer,
Wat tyd en toeval kan trotseer;
Wat seker as die Noodlot van sy dag
Onslapend in die diepte op sy ure wag.
Deur winterkou en somergloed,
Deur blakend' droogte en swelgend' vloed,
Deur al die kerende taf'rele,
In sy diepte wag Lalele.
As die straaltjie in die sand
Deur 'n vlam-geskroeide land
Tussen walle dor en vaal
Skaars die rotse van Rakwena haal,
En die hulsels van die riet
'n rouband bind van swart verdriet
Om die groenbedekte kuil
Waar die laaste water skuil
En die sugtend wind versmag
Deur 'n woedend' son verkrag -
Roerloos by die skepplek hou Lalele wag!
En wanneer in donker nagte
Rasend losbreek al die magte
Van geweld en storm en vloed,
En Rakwen' omring van angsgeskreeu,
Smagtend sig nog eens te wreek,
Soos 'n swaar gekweste leeu
Swart en brullend deur die bome breek; -
Blindend uit die donker kolk, -
Vlieg 'n vlammend dolk, -
Wat deur stormbanke dig
'n Wereld van verwoeste loof verlig -
Ongeroer deur al die groot krakele
In sy diepte wag Lalele!
Droom sy op die kantjie, Mabalel,
Tot haar hart verlangend swel;
In haar peinse ongedeer,
Staar sy in die diepte neer,
Staar sy in die blou gewelf
Met die donker reeds omsoom -
Tot sy, dromend self
Deel word van 'n salig' droom;
Uit die wereld omgekeer
Lokkend lag haar beeldjie weer.
Stadig deur die rietpansele
Opwaarts uit die diepte rys Lalele.
Skud jou wakker, Mabalel!
Sien jy nie die skadu opwaarts wel?
- Naar die hoogwal, Mabalel!
Hou jou mymering vir later -
Nooit had vyg of wilg in water
So 'n gespieelde metgesel!
Nooit 'n skrikbeeld uit die holte van die nag,
Wat die dromer sug doen na die dag;
Nooit onheilige gedaante uit die diepte van die hel
Half so dreigend, half so fel
As die skadu, Mabalel,
As die skadu, wat benee jou
Uit die diepte opwaarts wel.
Voor jou voete, Mabalel,
Deur die westergloor verhel,
Waar jy onbedagsaam staar
Sonder ooit gedagte van gevaar,
Uit die stroomweg stadig
Dryf 'n halfverminkte blaar.
Had jy spiere van 'n tier,
Of die vlerke van 'n gier,
Meidjie, niks sou dit jou baat,
Want te lank het jy gewag - te laat!
Uit die spieelvlak omhoog
Bars 'n skuimend' waterboog;
Oor Rakwena, kalm en breed,
Galm 'n enkel angsvol' kreet;
En dan saggies weer
Oor alles sak die stilte neer.
Winkend deur die skermmure
Helder blink die voornagvure.
Uit die donker stilte, skel,
Klink geroep na Mabalel
En die rotse antwoord weer;
Maar terugkom sal sy ... nimmermeer.
Stadig deur die rietpensele
Naar die diepte sak Lalele.
My grandfather loved this poem. So many times these days I miss him and my dog Charlie so much - and my grandmother. My grandfather had little incidents in his life that was funny, very much like a Crocodile Dundee movie of some kind. So he must have loved that movie too. Don't know if he saw it though. He suffered from his heart - he got upset very easily. My dog Charlie received my protection to what was humanly possible also to prevent him from getting upset. Like a little chihuahua, I do believe them to receive their areas in harmony as when they start barking those little dogs, it not really barking as the word barking sounds to harsh a sound to be associated with the noises these little cuties makes.
Anyway, my grandfather died on 8 April 1990 - not long after that I got Charlie, my chihuahua and he died on 7th of May 2008. My grandmother kept going till the day Charlie wasn't with us anymore - she died on 8 May 2008.
My grandfather died in the Eugene Marais hospital on 8 April 1990.
No comments:
Post a Comment