The first poem which explains more or less how I felt the past few days, is one by Uys Krige
It is called: Swaels bo die Kamp.
SWAELS BO DIE KAMP
'n Vreemde stilte
heers in die kamp.
Die middag gloei
goud soos 'n lamp.
Die blare val.
Die winter is op hande.
Europa vergaan
in smart en skande.
Die najaar sterf
so stil, so soet.
Die kamp staan in
die ligte gloed.
Die swaels sweef
oor die kamponge.
Die wereld is
van haat verwronge.
Die kanker vreet
aan murg en bloed.
Ek wil my aan
die stilte voed...
net in my ruk
iets soos 'n kramp.
Luid in my hart
hoor ek die bomme stamp.
Oor alle grense
dreun die kanonne.
Vind ons die vrede weer?
Uit welke bronne?
Die swaels kom,
die swaels keer.
Vind ons, vind ons
die liefde weer?
Die bom slaat stad
en dorp te pletter.
Maar hier's daar swaels en
hul kwetter, kwetter...
O swaels wat
swart soos brokaat
jul wentel oor
die doringdraad,
in wye hale
pal om ons kring
terwyl jul sing
en sing en sing
asof al singende teen
die blou gewelf
julle die stem is van
die vrede self,
onthou my as
jul suidwaarts gaan
en aan die einde van
die lange baan
jul duik en skiet
en liggies swewe
oor die rooi dak
waar sy, Eulalia, lewe...
Sing dan vir haar,
sing bly vir haar
tot sy verruk,
na julle staar.
En wyl jul sag
verby haar skeer,
se ek kom weer,
ja, ek kom weer
en dat my drome
waak oor haar bed.
Gee haar, o swaels,
my teerheid net...
written in October 1942.
During the past few days, I have been trying to recover from physical wounds as well when some uncalled for deed came up not only in the life of someone else, but in mine as well. You see, a lot share what they have on their mind on facebook. Yet, with my past, and the reality I live life with, I have to ackwoledge a sum/problem and cannot ignore it, and this sum had the feel of something like the poem above.
Today, I went out. There is a place on a hill which is quiet. I hang out here now. It was being here on the hill I came across a poem by Uys Krige that I am really, really seeking. So I came down to the library on the hill and found the whole poem. And some others. The original poem which took me to the library is the following one....
PLAASHEK
Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elke vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie...net
'n luggie wat
skrams aan die ritselinde
grassie vat.
Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
'n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier.
Na al die jare maak ek weer
'n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
om my hier by 'n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?
Die hek staan in die skad'wee van
'n kremetart.
Die stilte in my's volkome met
niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip ... Ek maak
'n hek oop in my hart.
VERGESIG
Kruine van koper,
klowe van git
en teen die verste roosrooi berg
'n dorpie ver en vaag en wit.
'n Tydelose stilte hier
asof die berge bid.
Die aand dryf in die helder dag
doer hier en daar 'n swarte wig.
Maar die reusagtige vallei
is een glansende vergesig
met tussen my en daardie dorpie niks
as net 'n goue see van lig.
Dis of ek in een wereld staan
en uitkyk op 'n ander,
want twintig jare is verby
en hier, lyk dit, het niks verander.
Daar styg 'n weemoed in my op
langsaam soos 'n stille brander.
These poems are all three poems by Uys Krige.
The following poem he wrote I find very amuzing - he must have had an amazing imagination which I like very much.
The poem is called: Lied van die Fascistiese bomwerpers
(Aan Petronella)
Ons gons uit die blou.
Ons dreun bo die aarde.
Luister! Luister!
Ons is die stem van die nuwe Spanje
en van die nuwe kruistog
in hierdie '37 jaar van ons Liewe Heer
in ons die wit vaandels,
die baniere, die pluime...
Ons waai op al die winde.
Ons stroom uit alle oorde.
Ons wapper in triomf
teen die blou balkonne van die lug,
bo die wit terasse van die hemel;
en ons stem is een kreet
van vreugde en oorwinning:
Lewe Christus, die Koning!
Ons is mooier as die albatrosse,
ons is witter as die seemeeue,
ons is vinniger as die mens se gedagte:
nog voor julle on sien,
as julle ons nog skaars gehoor het,
val ons skaduwee op julle,
staan ons hoog bo jul kop,
skiet ons oor jul stad
en van 'n hoogte van twee see myl
le ons ons eiers
in die goue nes van Spanje.
Ons vlerke is die van die engele,
hoor hoe ruis hulle, hoor hoe druis hulle!
Luister! Luister
hoe sing ons ons lied van liefde
hoe prewel ons ons vrome gebede.
Want ons is die rosekrans
van die biskoppe en die hoepriesters.
Ons glip deur hul gebenedyde vingers.
Geduldig ryg hulle ons uit,
tel hulle ons af
en langsaam
die een na die ander
deur die blou kalmte van die dag
val ons swart krale
af na die aarde
op die stede
en die dorpe
en die plase...
Want ons, ons is die redding,
ons is die skans, die setel,
die veilige heilige vesting
wit en hoog bo-op die berg se top.
Ons is die stem, die woord van God
wat bom en staal en lood en vlees en bloed geword het:
Lewe Christus, die Koning!
Hoor julle ons lied, hoor julle dit?
Ons vlerke druis dit,
ons motore ronk dit,
ons skroewe soem dit,
ons masjiengewere stotter dit
en ons bomme
bulder dit
soos donder wat dreun
wyd en syd
oor die aarde...
Dis 'n nuwe lied
en dis 'n ou-ou lied.
Dis die lied van die wereld,
dis die lied van die mens.
Die Pous sing saam
en al die rykes van die aarde,
die uitskot van Europa
in ons Vreemdelinglegioen
en die More uit Marokko
waarheen ons hul verdryf het
na sewe eeue van verdrukking
in die naam van die Verlosser,
en wat ons nou weer terugbring
in die naam van die Verlosser.
Hoor julle dit? o hoor julle dit?
Hoe die lied klim en klim
hoer, al hoe hoer
soos duisende leeurike
styg na die son;
hoe dit groei en swel,
groei en swel
soos 'n koor
van siters en skalmeie,
luider, al hoe luider
tot oplaas dit die ganse hemel vul,
'n golf', 'n stroom, 'n vloed van klank
wat soos 'n wolk van wierook rol
tot teen die wit troon aan
van God, die Allerhoogste,
'n jubellied, 'n lofsang
met een aanhef slegs,
een tema,
een refrein:
Lewe Christus, die Koning!
Want ons is die sprinkaanplaag van God,
die gesel vir die ongelowiges.
O kyk na ons, kyk na ons,
hoe ryk ons is en hoe geseen:
ons staan, verheerlik, teen Sy Hemel,
Hy bekroon ons met die stralekrans van Sy lig,
silwer op ons vlerke skitter die son!
Ons kom oor die oop see,
oor die goue vlaktes en die grys sierras.
Uit die Palma de Majorca en Burgos,
uit Duitsland en Italie
swewe ons in swerms
en swart en skoon
skuif ons skaduwee
oor die grond.
O hef jul gesigte na bo
vanwaar jul hulp sal kom.
Kyk na ons! O kyk na ons
met jul wit verwonderde gesigte
waar jul sit gepak in jul trems,
waar jul loop deur die strate van jul stad,
waar jul drentel Sondagmorens
oor die pleintjies van jul dorpe in die son
of onder die koel platane
afstap langs die alamedas,
waar geskaar om die glorietas
julle stil en bedees
luister na die musiek
van die skoenmakersgilde.
Kyk na ons, kyk na ons!
Julle wat die rooi lemoene
pluk uit die boorde.
Julle wat op bruin donkies
mark toe ry deur die wit stof
van die slingerpad oor die berge.
Julle wat buk-buk gaan
al tussen die goue koring
en dan as julle ons hoor,
jul sekels half laat hang
oor die knikkende are
terwyl julle die sout sweet vee
uit jul donker oe.
Kyk na ons, kyk na ons,
sodat julle ons sien
en ons julle sien,
opdat ons julle verdelg
soos onkruid van die aarde!
Want ons, ons is die grys sekels
wat suis en wat suiwer
en die koring skei van die kaf.
Ons is die belofte en die voorspelling
en ons is die vervulling.
Ons is die verskrikking en die straf.
Ons is die vergelding en die toorn van bo,
ons is die basuin van God wat skal
luid uit die goue sale van die son:
Lewe Christus, die Koning!
Ora pro nobis...
Bid vir ons! Bid vir ons:
dat ons afstort op die stede
soos die arende op hul prooi,
dat ons moed ons nie begewe nie,
dat ons spoed ons nie faal nie,
dat ons motore nie stok nie,
dat die afweergeskut ons nie tref nie,
dat die fabrieksfluite en- sirene
die kinders nie waarsku nie,
dat ons die vrouens nie oorval
voor hul die kelders bereik,
en dat ons die oop see haal
- waar die visse ons nie kan torpedeer nie -
voor die vliemasjiene van die vyand
mag opstyg uit die stede
soos brommers uit 'n lyk;
dat ons dan mag terugkyk
hoe die dag daar breek
bo die goue dorpies
en die wit stede
in vlamme feller, woester
as die van die rooidag.
Sic transit gloria mundi
alle vlees is gras.
Te Deum laudamus...
Laat ons bly wees! Laat ons bly wees
dat Sy ryk nou kom,
Sy Koningkryk in die hemele,
ons Koningkryk op die aarde:
Lewe Christus, die Koning!
Stort in puin, o hospitale
en skole en klinieke.
Verteer in ons vlamme,
biblioteke en gestigte.
Ons wil julle gelyk maak met die grond
opdat 'n nuwe Spanje
opstyg uit sy as.
En julle wat arm is en nederig,
julle wat gras eet en smeek om brood,
julle wat nie kan lees of skrywe,
julle wat veg
in die sneeu en ys van Teruel,
teen die hange, kaal en koud, van die Somosierra,
in die modder van die loopgrawe voor Madrid,
op die dorre vlaktes van Extremadura,
langs die rooibruin oewers van die Guadalquivir,
in die skroeiende son bo Cordoba,
julle wat veg
vir leie en griffels,
penne en boeke,
sodat julle mag lees en skryf,
sterf, o sterwe
in jul nood en ellende
en seen ons
want jul erf:
die Koninkryk van die Hemele!
Sterf, arbeiders in jul krotte!
Sterf, gitaners in jul grotte!
Sterf, boere sonder grond,
want nou gee ons jul 'n stuk grond:
'n swart gat in die grond
ses voet by drie
as julle gelukkig is.
Sterf, demokrate, republikeine!
Sterf, anargiste, godloenaars!
Sterf, rooi gespuis!
Sterf, Katolieke
wat nie wil saamsing
in ons heilige koor nie!
Sterf, vrouens en kinders
injul duisende en tienduisende!
Sterf, saad wat nog slaap in die baarmoeders!
Lewe Christus, die Koning!
(Daar hang 'n jonkman aan die Kruis,
Hy dra 'n doringkroon.
Sy oe is droewig,
droewer as die reen,
en Sy wonde bloei aanhoudend.
Altyd sonder ophou
drup-drup Sy warm bloed
af op die wereld.
Wend julle na Hom.
Hy sal verstaan.
Hy sal vergewe....)
Sterf, toekoms! Sterf, hoop!
Sterf, liefde en medelye!
Sterf, Spanje!
Lewe Christus, die Koning!
I find this poem actually very amuzing from someone who must have had a very good sense of humor with the situation he found himself being in. A way to tred out of it and above it - and as Uys Krige did, with a very good sense of humor. Describing the times he lived in.
The sum which caused so much distress after the 20th of February 2014, the one discovered on facebook, was solved today. I am also glad I came to visit this hill. Visit this place where I find the work in stone and marble soothing as well as the quiet surroundings.
No comments:
Post a Comment